Afrikaans - Afrikaans


ONTMOETING

Jy kyk my aan
ek kyk jou aan
ons sien mekaar
se harte weet al klaar
Gevoelens word musiek
dans sonder strykstok, sonder dirigent
jou oë praat hul eie taal
gesigte sein ons klein geheim
Die morsekode flikker
tussen jou en my
jy word jouself
deur my
ek word myself
deur jou
die lied sal dra
deur môre en oormôre
en daarna

Translation: Zandra Bezuidenhout
Date: 5-05-2000